Stilte

The Sound of Silence

Hallo almal, ek berei myself voor om my praktyk so te swaai dat ek binnekort weer gereeld meditasies kan plaas. Hier ‘n kort voorwoord. Stilte strek oor ‘n spektrum: aan die een kant word dit ingespan om te onderdruk, te verneuk, te manupileer, te skeur – dan versprei dit soos kanker. Mindfulness, meditasie, consciousness staan aan die ander kant van die spektrum om te lig, te integreer, te heel.

Liefde aan julle almal. Rustige kersfees.

Luister gerus na die Heavy Metal weergawe van Simon & Garfunkel se Sound of Silence.

Lirieke:

Hello darkness, my old friend,
I’ve come to talk with you again,
Because a vision softly creeping,
Left its seeds while I was sleeping,
And the vision that was planted in my brain
Still remains
Within the sound of silence.

In restless dreams I walked alone
Narrow streets of cobblestone,
‘Neath the halo of a street lamp,
I turned my collar to the cold and damp
When my eyes were stabbed by the flash of a neon light
That split the night
And touched the sound of silence.

And in the naked light I saw
Ten thousand people, maybe more.
People talking without speaking,
People hearing without listening,
People writing songs that voices never share
And no one dared
Disturb the sound of silence.

“Fools,” said I, “You do not know.
Silence like a cancer grows.
Hear my words that I might teach you.
Take my arms that I might reach you.”
But my words like silent raindrops fell
And echoed in the wells of silence

And the people bowed and prayed
To the neon god they made.
And the sign flashed out its warning
In the words that it was forming.
And the sign said, “The words of the prophets are written on the subway walls
And tenement halls
And whispered in the sounds of silence.”

Meditasie #29 New Horizons

Ruimtelike bewussyn

As jy wil: Mediteer saam.

Wat is nodig:

Sonder jou af vir 17 minute: 2:25 Inleidende instruksies + 13:52 Begeleide Meditasie.

    Download #29
        

New Horizons: NASA

Daughter

Ek sit vannag alleen in ‘n ysig koue garage in Johannesburg. My lewe verskraal soms in lang seisoene van strakke oorlewing. Niks cool daaromtrent nie; geen trend wat ek kan optimize vir die search engines nie. Al wat my weer mens maak is bewussyn. Stil is ‘n vrug van ‘n boom met wortels. Miskien ‘n Kameeldoringboom soos al die daughters wat ons ken.

As jy wil: Wees gerus my hart.

 

Hawe

Laat die eenvoud van stilte en deernis die dolosse wees van jou innerlike hawe. Die plek waar jy jou lewenseile kan laat sak voor jy weer uitvaar in die onstuimige lewensoseaan. Ons is immers gemaak vir die avontuur van die sout, golwe en winde van die 7 seë.

As jy wil: Word elke dag stil vir 20 minute waar jy met deernis en liefde jou eie gedagtebeelde waarneem, erken en aanvaar. Jy sal verbaas wees hoe waardevol selfs 'n kort vasmeer is. So moeilik. So maklik. So misterieus. 'n Balsem.

Inner cave

Vandag is die dag voor Pase, Heilige Saterdag, Swart Saterdag, Saterdag van die Lig; die laaste dag van die Heilige Week op die christelike kalender. Die dag wat Jesus in die graf was.

As jy wil: Word bewus van die klam donker van jou graf – ruik, hoor, voel, sien…dan, onstuitbare groen lewe…deernis ontkiem in jou “inner cave” en beur na die lig.

Oorgang

Daar was gelowiges en twyfelaars wat vannag in hul verlate tuin van Getsemane stil geword het. Soos en met Jesus is die stilte en afsondering die oorgangsuur van gehegtheid na bestuiwing.

As jy wil: [stadig] gaan jou geestelike praktyk binne, word stil en bring jou bewussyn na die mense, diere, gebeure en dinge waaraan jy benoud kleef. Geen oordeel oor jouself nie asseblief. Sien net wie en wat; sien dan jou benoudheid. Straal verlossende liefde oor jouself; draai die sagte geel lig na almal en als wat jou benoud het. ‘n Deernisvolle bewussyn bestuif so ver jy kan sien. Voel vry.

Hardloop

padkleinB

Dit is donker. Lekker koel. Die maan is helder met een ster. Selfs hier in die stad hoor mens geluide wat amper klink soos die plaas. Dit is lekker om buite te wees – op te wees – te begin met my meditasie. ‘n Meditasie van stadig hardloop, kaalvoet, saam met die oppervlakte van die stad. […]