Geestelike praktyk

Goeiedag mede Stilsoekers, ken julle Insighttimer, die gratis toepassing op IOS en Android?

Ek’t dit begin gebruik om die begin en einde van my meditasies in te lui. Die hoofrede vir die oorskakeling is dat my kinders rustiger mediteer met die versekering dat ‘n ‘toep’ die tyd hou eerder as hul pa wat dalk net ‘n ekstra paar minute se stilte sal inglip.

Die volgende stap was dat ek onlangs ‘n groep Flagit South Africa daar gestig het. Die bedoeling¬† (intention) is ‘consciousness and compassion as social action.’ Ek nooi alle Suid Afrikaners om deel te word van die groep om die innerlike gesprek te bepaal eerder as om dit oor te laat aan die manewales van politici ens.

Kyk gerus, mens kry sterre om jou mylpale in gedagte te hou, redelik goeie privaatheidstellings, kan sien wie anders naby jou of in die w√™reld saam met jou gemediteer het, mense bedank dat hulle saam met jou stil was, ‘vriende’ daar maak ens. Dan is daar ook heelwat ‘guided meditations’ soos ek eens hier op Stil geplaas het.

Hoop ons ontmoet aanhoudend

Liefde

Herman