Kleine weg

Die kleine weg is ‘n mistieke weg.

‘n Mistieke belewenis kan oa beskryf word as ‘n direkte ervaring van eenwording met als. Dualiteit versmelt in ‘n beweging van eenwording, medelye, verligting, dankbaarheid, gelatenheid asook verlatenheid. ‘n Oomblik van diep en breë insig.

‘n Mistieke weg ontglip vinnige definisies. Stil stap hierdie kleine weg te danke aan ‘n ‘siederende’ onafhanklikheid, genade, geestelike praktyk en die gemeenskap van vele, onder meer die Buddha, Jesus van Nasaret, Thérèse van Lisieux, die woestynvaders en moeders, Francis van Assissi, Moeder Teresa van Calcutta, Thomas Merton, Thích Nhất Hạnh, die Dalai Lama, Biskop Tutu, en ook jy.

“The African way of community refers to bondedness, the act of sharing and living in the one common symbol namely life” – Harvey Sindima (Malawië)