Praktyk

‘n Geestelike praktyk is onontbeerlik vir die volhoubare uitlewing van medelye of te wel compassion.

Wat ookal jou dissipline om stil te word en met medelye te leef – hier is jy welkom!

Die verskeidenheid geestelike dissiplines in praktyk is so veelkleurig soos die mense van die aarde, is dit nie? Dit varieer van klassieke religieuse praktyke tot geïndividualiseerde praktyke wat uit eie ervaring en eksperimentering ontspring. Die vraag is nie wat mens doen nie. Als van swem in die see, dans, hardloop, musiek of kos maak, rotsklim, skottelgoed was, alleenloper wees, kinders baar, aanneem, grootmaak en laat gaan tot meditasie, vas, bid en kerkgaan kan ‘n geestelike praktyk wees, of bloot banale aktiwiteit. Die vraag is: wat is jou fokus?

Stil se fokus is medelye. Dit is ‘n kuns en genade om hierdie bewussyn met teerheid en geduld deur te voer, sonder verwagting of oordeel van jouself en ander. Die proses vra stilte, eenvoud, afsondering, medelye, “beauty”, vriendskap en plesier – in enige volgorde.

Sien ook die post asseblief.

“The place from which our spiritual nourishment comes is the place where we think, pray and work; we begin our spiritual journey where we are, and not somewhere else” – Bernard of CIairvaux